Bespaar groot op skryfbehoeftes

Koop al jou skooltoebehore by PEP en bespaar groot met die laagste pryse en eksklusiewe afslag

Onthou jy die opwinding wat jy as kind ervaar het wanneer jy ’n nuwe pakkie kryte of ’n stel jel-inkpenne kry? Jy kon nie meer wag om skool toe te gaan en alles te gebruik nie.

Daar is iets spesiaals omtrent nuwe skryfbehoeftes – maar dit kos omtrent ’n fortuin.

PEP het alles wat jy benodig om die Terug-Skool-Toe-gejaag minder stresvol te maak. Van penne tot hardebandboeke, lêers en prettige ekstras om die potloodsakkie op te vrolik – alles teen die laagste pryse.

Die lys van skoolbenodigdhede blyk ál langer te raak afhangend van die spesifieke graad, skool en kurrikulum, en daarom help elke bietjie.

Skryfbehoeftes vir die skool is noodsaaklik: Kinders kan nie daarsonder die volledige leerervaring hê nie, net soos jy nie sonder jou toerusting kan werk nie.

Help jou kind deur hulle gemotiveer en opgewonde te hou oor die jaar wat voorlê. Kry al jou toekomstige leier se skoolbenodigdhede by PEP!

Moenie hierdie spesiale aanbod misloop nie: 43g Pritt teen R29,99 – beskikbaar terwyl voorraad hou vanaf 26 Desember 2019. Dit is verreweg die laagste prys!

Koop dit en hope meer teen ’n afslag by PEP, Suid-Afrika se no.1-skolewinkel.