Deel die liefde en die gees van Ububele

Vind uit hoe Ackermans teruggee tydens covid-19 en kyk hoe jy met jou organisasie kan hulp kry

Teruggee was nog altyd aan die hart van alles wat Ackermans doen, en hul korporatiewe maatskaplike beleggingsprogram, Ububele, is nie anders nie. Ububele, wat goedhartigheid en vrygewigheid beteken, steun al vir jare positiewe verandering.

Die verskeie projekte word daaraan gewy om ’n volhoubare verskil te maak deur waarde tot die lewe van Ackermans se werknemers, hul gemeenskappe en die omgewing toe te voeg – deur seker te maak goedhartigheid en vrygewigheid bereik diegene wat dit die nodigste het.

Sedert die verspreiding van die covidpandemie in 2020 kyk Ackermans na verskeie maniere om organisasies tydens die krisis te ondersteun. Een van die splinternuwe maniere waarop Ackermans met Ububele-skole sal saamwerk, is die verskaffing van maskers en bottels ontsmettingsmiddel om die pandemie binne die klaskamer én in die groter gemeenskap te help bestry.

Die projek se mikpunt is om altesaam 5 500 pakkies by Ububele-skole af te lewer. Die pakkies sal handelsmerk-karaktermaskers bevat om ’n kind se dag te help ophelder asook bottels handontsmettingsmiddel.

Saam kan ons ’n verskil maak! En Ackermans neem weer eens die leiding om positiewe verandering teweeg te bring.

Besoek https://www.ackermans.co.za/page/corporate-information/csi om meer oor Ububele uit te vind of te kyk of Ackermans jou organisasie kan help.

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp