Ervaar die gerief van terug-skool-toe-inkopies met Ackermans se aanlyn winskopies en besparings!

Aanlyn inkopies kan jou red wanneer jy skoolbenodigdhede en -klere moet koop, veral as jy hierdie tyd van die jaar die malligheid in die winkels wil vryspring. Om jou verder aan te spoor bied Ackermans ekstra waarde vir geld vir kliënte wat op hul webwerf koop en help hulle gesinne om nie styl of gehalte in te boet wanneer hulle aanlyn koop nie.

Die wenresep vir terug-skool-toe-inkopies
Ackermans besef ook dat terug-skool-toe-inkopies nie altyd lekker is nie, tensy dit speelgoed behels. Hierdie dikwels vervelige en tydrowende taak is egter nodig om seker te maak jou kleinding is gereed  om die 2023-skooljaar aan te pak. Daarom het die kleinhandelaar die wenformule vir terug-skool-toe-inkopies ontdek sodat dit kinderspeletjies sal wees! Met hul pasgids wat toesien dat die regte grootte klere gekoop word, maak hulle dit gerieflik om die regte grootte skooldrag en -benodigdhede aanlyn te vind tussen die wye verskeidenheid terug-skool-toe-produkte.

Ackermans help ook ouers met bekostigbare aankope terwyl hulle waardevolle tyd spaar. Vanaf 26 Desember 2022 tot 18 Januarie 2023 betaal jy R450 vir R600 se aankope – ’n onmiddellike besparing van R150 op terug-skool-toe-produkte (karakter-middagete-produkte is hiervan uitgesluit) terwyl jy die gemak van aanlyn inkopies en die gerief van die pasgids ervaar.  

Kompetisie!
Is jou kind in 2023 in Graad 1? Dan is hierdie kompetisie vir jou! Neem ’n foto van jou kind op sy eerste skooldag en jy staan die kans om GROOT PRYSE te wen! Die inskrywings begin op 11 Januarie en eindig op 31 Januarie 2023, en die stemming vir die wenners eindig op 14 Februarie.  

Klik hier vir besonderhede oor Ackermans se My Graad 1’tjie-kompetisie, sowel as die bepalings en voorwaardes.

Oor Ackermans 

Ons storie het in 1916 begin toe Gus Ackerman die deure na die heel eerste Ackermans-winkel in Wynberg, Kaapstad, oopgemaak het. Sy visie was eenvoudig: om gehalteprodukte vir almal bekostigbaar te maak. Vandag is daar meer as 740 Ackermans-winkels in vyf lande, en daardie visie is die kern van elkeen van hulle. Ons weet jou gesin kom eerste en dit sal altyd so wees. Jy behoort minder te kan betaal sonder om gehalte of styl in te boet, sodat daar kontant oor is vir die belangrike dinge in die lewe. Dit begin met bekroonde gehalteprodukte teen onverbeterlike pryse, maar sluit ook opwindende promosies, maklike toegang tot winkels en vriendelike diens in. Met Bringing Value to Life streef ons elke dag daarna om waarde toe te voeg tot die lewe. Ackermans wil ’n volhoubare impak maak.

Spesiale aanbiedings verskil van streek tot streek en eindig op verskillende datums. Bepalings en voorwaardes geld. Vir meer besonderhede, klik hier

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp