Jou eenstop-terug-skool-toe-winkel!

Moenie die Toughees-reeks skooldrag misloop nie – eksklusief by Ackermans

Om jou kind op die eerste skooldag in sy of haar splinternuwe skooldrag te sien, is altyd ’n spesiale geleentheid.

Kry jou kinders reg vir teruggaan skool toe met die Toughees-reeks skooldrag, eksklusief by Ackermans.

Jy kan op Toughees staatmaak vir gehalte-skooldrag teen ongelooflike pryse – van vertroude skoolskoene tot hemde, rompe en langbroeke.

Op pad na sukses

Skop die jaar af met Toughees-skoolskoene van egte leer. Meisieskoene vanaf R239,95 en seunskoene vanaf R269,95 is in groottes 9-1 beskikbaar. Alle skoolskoene is merkbestand en het buigsame sole en bodele van egte leer.

Toughees is ook bekend vir ’n wye verskeidenheid langbroekstyle – van gewoon en noupassend tot ekstragroot en dié met ’n omslag. Die gewone en noupassende langbroeke word met ’n nie-rekbare lyfband ontwerp, terwyl die plusgrootte langbroek ’n rekbare lyfband en breër snit om die heupe en bobene het.

Koop gewone langbroeke vanaf R119,95 vir ouderdomme 5-6, noupassende langroeke vanaf R149,95 vir groottes 30 cm-40 cm of plusgrootte langbroeke vanaf R179,95 vir ouderdomme 10-11. Jy sal ook seuns getailleerde omslaglangbroeke vanaf R159,95 vir ouderdomme 5-6 kry. Alle langbroeke word van Toughees se langdurige materiaal gemaak en stryk maklik – ’n groot plus vir besige ma’s!

Nog skooldrag sluit in grys kortbroeke vanaf R79,95, rompe vanaf R89,95, langmoutruie vanaf R89,95, waterbestande reënbaadjies vanaf R139,95 en langmou-kleurhemde vanaf R89,95 – vir ouderdomme 5-6.

Kry alles wat jy vir teruggaan skool toe nodig het onder een dak – net by Ackermans.

Besoek nou jou naaste winkel om hierdie noodsaaklikhede te koop. Besoek ackermans.co.za vir nog inligting.

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp