Koop bykomstighede vir minder

Rus jou kind toe met karakter-kosblikke, rugsakke en meer!

By Ackermans sal jy ’n verskeidenheid terug-skool-toe-bykomstighede kry – van rugsakke en skryfbehoeftes tot sportdrag – om te sorg jou kind het alles wat hulle nodig het vir ’n dag van leer, speel en sport.

Middagete-noodsaaklikhede

Koop eenvoudige kosblik-en-bottelstelle vanaf R14,95, 350 ml-waterbottels vanaf R9,95 of 500 ml-bottels vanaf R29,95. Hulle het ook die koelste reeks karakter-kosblikke vir R39,95 en kossakke vanaf R59,95. Die kinders sal kan kies en keur tussen alles van Avengers, Cars en Spiderman tot Frozen en Minnie Mouse.

Uitgesoekte winkels hou ook ’n groot verskeidenheid skryfbehoeftes aan. Jy sal A4-oefenboeke vanaf R5,95, A4-hardebandboeke vanaf R12,95, boek-etikette vanaf R12,95, A4-plastiekboekoortreksels vanaf R19,95 of ’n pak van 10 plak-boekoortreksels vanaf R29,95 daar kry.

Kry al die basiese goed

Daar’s moet-hê-skryfbehoeftes soos liniale, skêre, uitveërs, gomstafies, kryte en kleurpotlode vanaf so min as R4,95. Of koop ’n 8-syfer-sakrekenaar vir R19,95, ’n 12-pak-HB-potlode vir R19,95 of Pritt vir R39,95.

En hou alles bymekaar met potloodhouers- en sakkies vir so min as R14,95 – en gehalte-rugsakke van Toughees vanaf R109,95.

Wanneer die skooldag verby is, is dit tyd vir sport. Maak seker jy koop die 100%-katoen-oefenkortbroek vanaf R79,95 vir ouderdomme 5-6. Met ’n rekband en trekkoord kan jy heeldag-gemak vir jou groeiende kind verseker.

Besoek jou naaste Ackermans vir ’n voorraad terug-skool-toe-items vir alles van leer en skryf tot peuseltyd en sportaktiwiteite.

Besoek ackermans.co.za vir nog inligting.

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp