Koop skoolskoene en slaan munt daaruit

Jy sal R20-afslag op jou inkopies kry wanneer jy skoolskoene by PEP koop; moet dit nie misloop nie

Wat skoolskoene betref wil ouers altyd die beste hê, en met reg. Jou kleingoed hardloop, spring en stap immers ver afstande in die reën en son op hul reis om hul drome te verwesenlik.

’n Skooluniform gee aan kinders selfvertroue en plaas hulle in die regte stemming om te leer. 

PEP wil verseker gehalte is vir alle Suid-Afrikaners toeganklik wanneer hulle die nuwe skooljaar met geesdrif aanpak en die pryse maak dit moontlik. PEP het wat jy soek, van gespe-skoene tot dié met veters of Velcro.

Jy kan al jou noodsaaklikhede hier koop en vertroue hê dat jy skoolskoene van gehalte vir meisies en seuns kry – en dit is in alle groottes beskikbaar.

En nou kan jy groter besparings maak met dié spesiale aanbod:

Wanneer jy leerskoene by PEP koop, sal jy R20-afslag op jou aankoop van skoolklere kry.

Elke bietjie help; maak dus gebruik van die aanbod van Suid-Afrika se no. 1-skoolwinkel.