(Ons) vier 50 jaar van lae pryse

PEP vervaardig sedert 1972 skooluniforms van hoë gehalte – só kan jy uit die vierings munt slaan

PEP se Student Prince-handelsnaam is ’n Suid-Afrikaanse legende wat al dekades lank gehalte-skooldrag bied. Die vertroude handelsnaam vier 50 jaar van produksie in Suid-Afrika en hulle gee terug met nog ’n kans vir leerders wat die eerste keer skool toe gaan om munt te slaan – lees meer onder!

Die Student Prince-fabriek is in Julie 1972 in Durban begin met ’n enkele produksiebaan wat 1 000 eenhede per dag vervaardig. Binne twee jaar het die fabriek ses keer soveel werknemers in diens gehad en 7 500 eenhede van verskeie reekse per dag vervaardig.

In 1979 het PEP Stores amptelike SABS-goedkeuring gekry om die SABS-logo op hul reeks Student Prince-skoolklere te vertoon.

Die was ’n merkwaardige oomblik in PEP se geskiedenis. In 1980 het PEP ’n reklamekontrak met die beroemde Rosenkowitz-sesling vir Student Prince gesluit.

Vandag word Student Prince-skooldrag by die PepClo (PEP Clothing)-fabriek in Parow vervaardig wat amper 2 000 mense in diens het. 

Die grys Student Prince-skoollangbroek is steeds die skoolproduk wat die meeste waarde vir geld bied by PEP – en jy kan nog baie afslag en al jou ander noodsaaklikhede onder een dak kry.

Sowat 2,1 miljoen grys langbroeke word per jaar en meer as 35 000 Student Prince-eenhede word per dag vervaardig. Dit maak dit maklik om jou kinders vir sukses te help aantrek.

Student Prince – gehalte deur geslagte van ma’s vertrou

As jy nou met die Back to School-beplanning begin, kan jy só meer munt slaan en jou deel van R28 000 wen as jou kleinding in 2020 vir die eerste keer gr. 1 toe gaan.

https://firstgrader.you.co.za/